Saturday, 30 January 2016

My tuin - ’n dieretuin!


’n Tuin - 'n plek waar jy kan rus in vrede, ontkoppel van eksterne probleme en bekommernisse. 'n Tuin vol bome en baie voĆ«ltjies.  ’n Tuin vol skoenlappers, besies, bye en allerhande ander insekte!

Maak jou tuin ’n lushof vir al ons geveerde vriende, insekte en allerhande klein soogdiertjies. Plant inheems, voorsien kos, beskutting en water en beleef jou eie klein paradys! 

Resepte vir voƫltjiepoeding - Voƫls sal heerlik hieraan smul . . .

1. Maak sowat 450 g kookvet in ’n pan warm sodat dit sag kan word. Meng dit met 1 k warm water, 2 k hawermout, 1 k meel en 4 k voĆ«lsaad en plaas in jou voĆ«ltjievoerder.

2. Plaas 1-2 k kookvet in ’n bakkie saam met heuning en uitgebraaide brokkies spekswoerd. Laat die bakkie in warm water staan. Voeg droĆ« broodkrummels of voĆ«l­saad by wanneer die vet begin smelt. Roer die mengsel en vorm in ’n bol. Plaas in ’n houer en laat dit afkoel en styf word. Plaas dit in ’n stuk netmateriaal – die net waarin ’n mens uie of aartappels koop, werk goed – en hang dit in die tuin op.

Ek sien ‘n tuin so wonderskoon:
‘n Tuin waarin daar liefde woon,
Waarin die fraaiste blomme groei,
En waar die mooiste bloeisels bloei.

Uittreksel van Die Tuin van Geluk, geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 25 April 1942

Swartkop Wielewaal (Black-headed Oriole - Oriolus larvatus)

Janfrederik - Cape Robin-chat (Cossypha caffra)

'n Verkleurmannetjie - ek sien hulle nie meer gereeld genoeg nie!
Die Swartkeelgeelvinke besig met nesbou - Masked weaver (Ploceus velatus)
Nuwe lewe in die tuin
'n Jong Fiskaallaksman - die ouers het hierdie somer al twee broeisels gehad - Fiscal Shrike (Lanius collaris)
Ek is altyd bly wanneer die Grys Loeries kom kuier! Grey Lourie (Corythaixoides concolor)
Gevlekte lyster - Groundscraper thrush (Psophocichla litsitsirupa)
Harig of stekelrige larwes van 'n mot of skoenlapper aan die basis van my Soetdoringboom
Hottentosgotte is ALTYD welkom! (Praying mantis)
'n Ongewone besoeker aan my tuin - Ringnekparakiet (Indian ringneck parrot) - Hy het hom verlustig aan die sonneblomsade, brood en vrugte
Geelbeklyster (Karoo Thrush - Turdus smithi)
'n Baba Mynah. Die ouers is nie baie welkom in my tuin nie! (Acridotheres tristis)
'n Baba Wawielwebspinnekop (Orb-web spider), net so 3cm vanaf die tip van haar voorpote tot die tip van die agterpote
Rooivlerkspreeu - Redwinged Starling (Onychognathus morio)
Streepmuis - Striped Grass mouse (Rhabdomys pumilio) - welkom in my tuin maar NIE in die huis nie!
Vir die eerste maal in jare het die Tarentale weer my tuin besoek! Guinea fowl (Numida meleagris)
Koringvoƫl - White-browed Sparrow Weaver (Plocepasser mahali)

Hoop jy geniet hierdie somer jou eie klein paradys!

.

Tuesday, 19 January 2016

Maak 'n Reƫntuin

Wat is 'n Reƫntuin?

'n Reƫntuin is 'n aantreklike landskap-ontwerp wat beplant is met meerjarige inheemse plante. Dit is 'n piering-vormige holte en ontwerp om afloop stormwater te absorbeer wat nie kan insink op harde oppervlaktes soos parkeerterreine of sement paadjies nie.

Reƫntuine kan klein wees, of formeel, of groot, komplekse bio-retensie tuine of enige iets tussen in.

Voordat Jy Begin ......

Kies die Regte Plek vir Jou Reƫntuin
'n ReĆ«ntuin is een voorbeeld van 'bio-retensie'—'n sisteem van 'n dammetjie area, grond, plante en grondbedekking wat water sal absorbeer in plaas daarvan dat dit van die eiendom afhardloop (al gaan jou dammetjie meeste van die tyd droog wees.)

So, die basiese dinge is die 'dammetjie' of pieringvormige depressie waarheen die water sal vloei en die tipe grond wat die water sal absorbeer.

Al kom jy dit nie agter nie, jou eiendom het 'n water-aflei patroon en dis gewoonlik die maklikste om daarvan gebruik te maak. Neem notisie van waarheen die water loop en waar dit dan opdam. Wag tot dit reƫn of gebruik 'n tuinslang om te sien waarheen die water loop. As dit afdraend en weg is van jou huis se fondasies, is dit 'n goeie plek vir jou reƫntuin.


As daar 'n gedeelte van die eiendom is waar die water opdam, bedoel dit daar is slegte of min filtrasie. Jy sal dalk dink dis nie die regte plek vir jou reƫntuin nie, maar die laagste kolleksie punt is gewoonlik die beste. Indien daar 'n paar plekke is waar die water opdam, kan jy diƩ kies wat naaste aan die afloop pype is.

Indien die uitleg van jou tuin sulks is dat jy nie van die gekose plek hou nie, grawe dan jou eie afleivoor—enige plek waar jy die water kan kry om te vloei, Ć³f direk Ć³f deur pype te installeer. Indien die grond baie hard is, wil jy dalk 'n kontrakteur met masjinerie inkry om die grouwerk vir jou binne 'n paar uur te doen. Die grond wat uitgegraaf is kan gebruik word op 'n ander plek om 'n interessante landskap te skep.

'n Paar Wenke van Hoe om die Regte Plek te Kies : -
- Moenie die reƫntuin te naby aan die fondasies van 'n gebou maak nie; dit kan lei tot vog probleme. Indien moontlik, moet dit tenminste 3 meter van die gebou af wees en ook heelwat laer. Moet dit ook nie naby enige septiese stelsels plaas nie, wat alreeds genoeg water het.

- Wees bewus van ondergrondse pype of kabels. Vermy areas waar daar dalk pype of kabels mag wees, jy wil nie per ongeluk jou telefoonkabels opgrou nie!


Herleiding van die reĆ«n—daar is 'n paar kreatiewe en aantreklike oplossings as die reĆ«n nie natuurlik na jou gekose plek wil vloei nie.
 
Jy kan ondergrondse pype insit of 'n voor grawe en insluit as deel van jou landskap—soos byvoorbeeld die water deur 'n drom te lei en te laat oorvloei in jou dammetjie in.

Indien jou eiendom baie skuins is, kan jy 'n plat area skep.
Jy kan 'n klein retensie-muur bou en die agterste gedeelte invul. Die water sal in die tuin insink, deur filtreer en uitsyfel deur die muur. Jy kan ook 'n holte in die kant van 'n helling grou vir die reƫntuin.

Moenie 'n groot reƫntuin onder groot bome maak nie.
Die bome se wortels sal uitgegrou moet word wat dalk sal veroorsaak dat hul doodgaan. Die bome kan ook geaffekteer word deur te veel water. Bome is belangrik vir ons omgewing, so beskerm hulle waar moontlik.

.
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...